# Die Stad Tshwane het weer sy Toekennings vir Uitnemende Diens bekendstel om munisipale werkers te vereer vir die handhawing van openbare dienswaardes en die Batho Pele-beginsels. Raadslid Kholofelo Morodi, sê die toekennings bevorder ‘n prestasiegedrewe kultuur en erken daaglikse toewyding en innovering. Die metro het ook 100 nuwe skoonmakers aangestel in ‘n poging om uitkontraktering te beëindig, billike indiensneming te verseker en algemene dienslewering te verbeter. Morodi sê Tshwane beweeg nader aan die erkenning van werkersregte en om langtermyn interne vermoëns te herbou.
Tshwane stel weer toekennings vir uitnemende diens deur munisipale werkers bekend