Skip to content

Transnet voltooi belegging van R4-miljard in Saldanha-ysterertsterminaal

# Die staatsbeheerde logistieke operateur Transnet het die voltooiing van ‘n belegging van vier-miljard-rand in Afrika se grootste ystererts-uitvoerterminaal in Saldanhabaai aan die Weskus aangekondig. Die infrastruktuur-uitbreidingsprojek sluit ‘n swaardiens-tuimelaar in om spoorwaens af te laai. Die uitvoerende hoof van Transnet-haweterminale, Jabu Mdaki, sê die nuwe tuimelaar het na raming ‘n bydrae van 45-persent tot plaaslike inhoud gelewer, en ongeveer een-duisend-500 werksgeleenthede ondersteun tydens boubedrywighede. Hy sê die projek sal na verwagting breër ekonomiese voordele vir die hele ystererts-uitvoer-waardeketting inhou.