# Die Transnet Nasionale Haweowerheid het ’n Versoek om Voorstelle uitgereik om ’n terminaaloperateur aan te stel vir ’n veeldoelige terminaal by die Maydon Kaap in Durban. Die 25-jaar konsessie behels die ontwerp, befondsing, konstruksie, bedryf, instandhouding en oordrag van ‘n fasiliteit om varsprodukte en geskikte losvrag te hanteer. Die gebied beslaan ongeveer 145 hektaar met 15 kaaie en hanteer meer as sewe-miljoen ton vrag per jaar. Nkumbuzi Ben-Mazwi van die Haweowerheid sê die projek is daarop gemik om hawe-doeltreffendheid, vragvolumes en werkskepping in die streek te verhoog.
Transnet soek terminaaloperateur vir Maydon Kaai in Durban