# Transnet sê hy is gereed om groter vrugte-uitvoervolumes by die Kaapstad-vraghouerterminus te hanteer wat ʼn belangrike skakel vorm tussen Wes-Kaapse boere en internasionale markte. Die sagtevrugteseisoen gaan na verwagting van hierdie maand tot Maart 2026 met drie-persent toeneem wat die uitvoer van tafeldruiwe, granate, steenvrugte, bessies, appels en pere betref. Transnet-haweterminusse beplan om in die 2025/2026-boekjaar vier-miljard-rand te bestee by vyf terminusse in KwaZulu-Natal, die Wes- en Oos-Kaap.
Transnet maak gereed vir groter vrugte-uitvoere by Kaapstadse vraghouerterminus