Skip to content

Trane van blydskap toe Valerie, die weghol-worshond uiteindelik met haar eienaars herenig word

# Valerie, die worshond, en haar eienaars is uiteindelik herenig nadat sy 540 dae alleen oorleef het op Kangaroo-eiland in Suid-Australië. Valerie het in November 2023 vermis geraak tydens ‘n kampeeruitstappie na die eiland. Vreemdelinge het probeer help, maar sy het gevlug en haar eienaars het moed opgegee en is sonder Valerie huis toe. ‘n Liefdadigheidsorganisasie het haar uiteindelik op 25 April ná ‘n reusesoektog gevind. Sy berei nou voor om terug te keer huis toe na Nieu-Suid-Wallis, waar sy herenig sal word met Georgia Gardner en Josh Fishlock se ander troeteldiere.