# Toronto, Kanada, is boaan Time Out se 15 beste reisbestemmings vir die Mei-vakansie. Die grootste aantrekkingskrag in Toronto is High Park, waar meer as twee-duisend kersiebome in ʼn kleurespel van wit en pienk blom. Hokkaido, Japan, is tweede en bekend vir sy Matsumae-park, met 250 verskillende soorte kersiebloeisels. Derde is Athene in Griekeland om nou die antieke bouvalle te besoek voor die somer se ondraaglike hitte en groot skares. Memphis in Amerika en Utrecht in Nederland voltooi die topvyf.
Time Out beveel 15 bestemmings aan vir Mei-vakansie