Skip to content

Tesourie steun slimmeterprogram van R2-miljard om Eskom se skuldkrisis te verlig

# Die Nasionale Tesourie sê sy slimmeterprogram ter waarde van twee-miljard-rand kan help om Eskom se stygende munisipale skuld van meer as 100-miljard-rand te verminder. Verlede jaar is meer as 67-duisend slimmeters in agt munisipaliteite aangebring, met ‘n verdere 77-duisend-780 wat vanjaar in nog elf munisipaliteite ingestel sal word. Die Tesourie beoog om teen die 2027/28-boekjaar ongeveer 250-duisend slimmeters aan te bring. Berigte dui daarop dat vroeë uitslae van die Bela-Bela- en die Sol Plaatje-munisipaliteit ‘n verbetering in inkomste-invordering toon.