Skip to content

Tegnologie-agentskap belê R14-miljoen om opsporing van veesiektes te verbeter

# Die Tegnologie-innovasie-agentskap is voornemens om 14-miljoen-rand in ‘n program te belê wat ten doel het om die opsporing van veesiektes te versnel. Die befondsing sal die biotegnologiemaatskappy TokaBio ondersteun in sy werk om siektes soos bek-en-klouseer en voëlgriep op te spoor. TokaBio bedryf laboratoriums in Limpopo en KwaZulu-Natal en ondersteun siektemonitering in die volstruis- en veebedryf. Die agentskap sê vinniger en meer betroubare opsporing sal help om boere te beskerm, biosekerheid te versterk en Suid-Afrikaanse landbouprodukte se toegang tot internasionale markte ondersteun.