Skip to content

Taylor Swift en Travis Kelce haak af in New York

# Die popsuperster Taylor Swift en die Amerikaanse voetbalspeler Travis Kelce is getroud. Swift se woordvoerder het Vrydag aangekondig dat die Grammy-bekroonde sangeres en die Kansas City Chiefs-ster in die huwelik bevestig is. Gaste het ‘n glansryke viering by Madison Square Garden in New York bygewoon wat die kroon span op ‘n drie jaar lange verhouding. Komediant Adam Sandler het die huweliksplegtigheid behartig, terwyl Swift se broer, Austin Swift, as eregetuie opgetree het. Kelce se broer, die voormalige voetbalspeler Jason Kelce, was die strooijonker. Jennifer Lopez, Ed Sheeran, Ethan Hawke, Jimmy Fallon en Abby Wambach was onder die beroemde gaste.