# TAX Justice South Africa verwelkom die uitspraak van die KwaZulu-Natalse Hooggeregshof wat ‘n bewaringsbevel handhaaf teen Amalgamated Tobacco Manufacturing en 19 ander in ‘n belastingontduikingsaak van 96-miljoen-rand. Amalgamated Tobacco betwis ook die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se reg om toesigkameras aan te bring in fabrieke. Yusuf Abramjee van Tax Justice sê die hof het pogings geweier om die Inkomstediens te verhoed om beslag te lê op bates. Abramjee sê die uitspraak bewys die bedryf word geteister deur belastingontduikers. Hy beklemtoon die belangrikheid van deursigtigheid om onwettige handel bloot te lê.
TAX Justice SA verwelkom Hooggeregshof-uitspraak in R96-miljoen tabakbelasting-ontduikingsaak