# Rugby: Die Vroue-Wêreldbekertoernooi hervat vandag in Engeland wanneer Kanada en Wallis mekaar pak aan die begin van die tweede ronde. Skotland speel teen Fidji, die gasvroue teen Samoa en Amerika teen Australië. Die Springbok-Vroue speel môre teen Italië na hulle oortuigende oorwinning oor Brasilië in hulle eerste wedstryd, terwyl Ierland en Spanje sal kragte […]
# SANParke het bevestig die tweede fase van die heropening van Silwermyn-hek 1 en die meeste roetes in die Silwermyn-gebied sal vanaf 1 September 2025 begin. Dit volg ná die heropening van Silwermyn-hek 2 en dele van Tokai in Julie, nadat brande vroeër vanjaar twee-duisend-800 hektaar beskadig het. Die Bo-Tokai gebied, insluitend vlakke 4 en […]
# Rugby: Springbok Women coach Swys de Bruin has tweaked the squad for Sunday’s World Cup match against Italy in York. Nadine Roos will start at fullback, with Unam Tose at scrumhalf, while forwards remain unchanged. Chumisa Qawe and Eloise Webb will make their tournament debuts. De Bruin says squad is aiming for a win […]
# The DA says former Johannesburg Property Company CEO Helen Botes must still be held accountable, despite the National Prosecuting Authority declining to prosecute her. The party says the Special Investigating Unit’s findings of corruption were ignored and has written to Parliament demanding a full inquiry. The DA’s Belinda Kayser-Echeozonjoku says officials who misuse public […]
# Rugby: Die Springbok-vroueafrigter Swys de Bruin het die groep vir Sondag se Wêreldbeker-wedstryd teen Italië in York aangepas. Nadine Roos sal op heelagter begin, met Unam Tose op skrumskakel, maar die voorspelers bly onveranderd. Chumisa Qawe en Eloise Webb sal hul toernooi-debuut maak. De Bruin sê die groep mik vir ‘n oorwinning om die […]
# Die waarnemende Amerikaanse prokureur-generaal van Minnesota, Joseph Thompson, sê die aanvaller wat Woensdag tydens die Mis by Annunciation Catholic School in Minneapolis begin skiet het, was behep met die idee om kinders dood te maak. Robin Westman het deur die vensters van die Annunciation Church op die kinders losgebrand terwyl hulle gebid het. Twee […]
# Die vakbondfederasie, Saftu, het kommer uitgespreek oor die energiereguleerder, Nersa, se skikkingsooreenkoms van 54-miljard-rand met Eskom. Dit volg nadat Nersa ʼn fout begaan het in die berekening van die kragvoorsiener se inkomste vir die huidige en volgende twee boekjare. Ná die prysbepaling se hersiening verhoog die tarief in elk van die volgende twee jare […]
# Die Malmesbury Streekshof in die Wes-Kaap het die gewese Springbok-afrigter Peter de Villiers vrygespreek op aanklagte van seksuele aanranding en crimen injuria. ʼn Vrou het beweer De Villiers het haar aangerand nadat hy haar verlede Januarie ná ʼn geleentheid by haar huis gaan aflaai het. Die GOOD-party het daarna De Villiers se lidmaatskap beëindig. […]
# Atletiek: Die Suid-Afrikaner Akani Simbine het binne 9,98-sekondes oor die wenstreep genael in die mans-100-meter op die Diamantliga-byeenkoms in Zürich, Switserland. Sy landgenoot, Bayanda Walaza, het sy been beseer. Christian Coleman van Amerika het gewen en Ackeem Blake van Jamaika was derde. Nog ʼn Suid-Afrikaner, Jo-Ané du Plessis, was derde in die vroue-spiesgooi wat […]