Skip to content

Switser verbeter rekord vir langste tyd onder sneeu

# ʼn Switserse man het die Guinness-wêreldrekord verbeter deur langer as twee uur onder sneeu begrawe te bly. Die mededingende kragopteller Elias Meyer het die uitdaging aanvaar om die langste tyd met sy hele liggaam in kontak met sneeu deur te bring met net ʼn swembroek aan. Die Pool Valerjan Romanvoski het in 2022 een-uur-45-minute-en twee-sekondes uitgehou. Meyer se rekordtyd is twee-uur-sewe-sekondes. Hy sê die gewig van die sneeu het hom meer gepla as die koue.