# Ondersoeke na die noodlottige gebou-instorting in Ormonde, Johannesburg, het bevind balke en kolomme wat die betrokke betonblaaie gesteun het, was nie sterk genoeg vir die bykomende las nie. Nege werkers is dood en ses beseer toe ‘n deel van die tweede verdieping vroeër vanjaar ingetuimel het. Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê ondersoekbeamptes het kommer uitgespreek oor boupermitte en gesondheids- en veiligheidsaanstellings:
Swak steunstrukture het die gebou-instorting in Ormonde veroorsaak [KLANK]
ENG-MacphersonOnOrmonde