Skip to content

Superman bobaas by kaartjiekantore op eerste naweek

# Die langverwagte Superman, die nuwe strokiesprent-avontuur met David Corenswet in die hoofrol, was die naweek nommer een by Noord-Amerikaanse kaartjiekantore. Die fliek se regisseur is James Gunn, wat veral bekend is vir Guardians of the Galaxy en The Suicide Squad. Universal se Jurassic World Rebirth is nou tweede en Apple se F1: The Movie met Brad Pitt is derde. Universal en DreamWorks Animation se aksietreffer, How to Train Your Dragon, is nommer vier en Disney en Pixar se Elio is vyfde.