# Summit Africa het sy tweede privaat beleggingsfonds bekendgestel, met ‘n hoofbelegging van 368-miljoen-rand van British International Investment. Die fonds teiken klein en mediumgrootte ondernemings in finansiële dienste, inligting- en kommunikasietegnologie en voedselsekerheid. Uitvoerende hoof van British International Investment, Leslie Maasdorp, sê die fonds beoog om finansiële insluiting, werkskepping en diversiteit regoor Suid-Afrika en die streek te bevorder. Hy beklemtoon die fonds sal ‘n bykomende 400 tot 500-miljoen-rand insamel voordat kapitaal ontplooi word, met ‘n finale teiken van 2,5-miljard-rand.
Summit Africa stel nuwe privaat beleggingsfonds bekend met R368 miljoen Britse belegging