# Die tweede dag van die 43ste Suider-Afrika Vervoerkonferensie vind plaas in Pretoria met die fokus op lugvaart, en mik om 42 miljoen lugrederypassasiers teen 2029 te bereik. Die geleentheid bring beleidmakers en akademici bymekaar om volhoubare vervoer te bevorder, met besprekings oor die intergrasie van hommeltuie in tradisonele lugruime. Bedryfskenners sê hoewel wetgewing oor hommeltuie meer as ‘n dekade gelede in Suid-Afrika bekendgestel is, is die land se integrasie steeds agter. Intussen is ses strategiese teikens gestel om beleid, navorsing en beweeglikheids-oplossings in Suider-Afrika te koördineer.
Suider-Afrika Vervoerkonferensie ondersoek lugvaartgroei en hommeltuig-integrasie