Skip to content

Suid-Korea se beroemde haai weier om kanaal te verlaat

# Suid-Koreaanse reddingswerkers berei voor om Busan se beroemde haai weereens terug see toe te help. Die vaalhaai met die bynaam Bukang-i is ure na ‘n vorige poging weer terug in die kunsmatige kanaal in die hawestad Busan, waar sy langer as ‘n maand deurgebring het. Amptenare het haar gister deur die uitgang van die kanaal see toe gelei, maar sy het oornag deur ‘n opening onder ‘n drywende versperring teruggeswem. Die owerhede oorweeg nou sterker versperrings en verdere maatreëls om die bedreigde dier te beskerm.