# Die Audeum-klankmuseum het in Seoul, Suid-Korea, geopen as die wêreld se eerste instelling wat toegewy is aan klank-herproduksie. Die gebou van sewe verdiepings ontwerp deur die argitek Kengo Kuma spog met ‘n treffende buitekant van aluminiumpype en die binnekant is van optimaal-akoestiese hout gemaak. Die hele ruimte dien as ‘n reuse-klankkas. Besoekers kan 150-jaar se klankgeskiedenis ervaar, insluitend eeu-oue Edison-fonograwe en reuse-Western Electric-rolprentluidsprekers. ‘n Woordvoerder sê die doel is dat besoekers werklik die ontwikkeling van klank kan ondervind.
Suid-Korea open wêreld se eerste museum wat uitsluitlik toegewy is aan die geskiedenis en kuns van klank