# Die Staalbuis-uitvoervereniging van Suid-Afrika sal van vandag tot Saterdag deelneem aan ‘n verkoopsending na Nigerië en Ghana. Die sending, wat deur die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging aangebied word, is daarop gemik om die nywerheid, uitvoere en werkskepping te bevorder. STEASA se uitvoerende hoof, Keitumetse Moumakoe, sê die inisiatief sal die bedryf se voetspoor in Wes-Afrika se hidrouliese, pneumatiese en mynbousektore uitbrei. Sy sê dis belangrik, aangesien Nigerië en Ghana as poorte tot streeksnywerheidswaardekettings dien.
Suid-Afrikaanse staalbuisuitvoerders in Nigerië, Ghana vir handelsmissie