Skip to content

Suid-Afrikaanse rand verswak teenoor sterker dollar, styging in oliepryse druk marksentiment

# Die Suid-Afrikaanse rand het Maandag verswak, onder druk van ‘n stewiger Amerikaanse dollar en ‘n styging in oliepryse, namate toenemende spanning tussen die Verenigde State en Iran die wêreldmarksentiment teister. Die rand het oor die middaguur teen 16-rand-69-sent teenoor die dollar verhandel, ‘n daling van 0,5-persent sedert sy vorige sluiting. Die Amerikaanse dollar het hoër teenoor verskeie geldeenhede gestyg, terwyl olie met meer as drie-persent tot meer as 110-dollar per vat gestyg het. Die rand is uitgelewer aan wêreldmarksentiment sedert die VSA en Israel hul oorlog teen Iran begin het en Teheran teruggeslaan het.