# ‘n 43-jarige Suid-Afrikaner van Sackets Harbor, New York, word deur federale aanklagte in die gesig gestaar vir die verspreiding van kinderpornografie deur ‘n sosiale netwerk-toepassing. Marcell Meyer het na bewering eksplisiete inhoud, met onder meer ‘n agent wat haarself as ‘n 13-jarige meisie voorgedoen het, gedeel. As Meyer skuldig bevind word, kan hy tronkstraf van tussen vyf en 20 jaar, ‘n 4,7-mijoen-rand boete, en verpligte registrasie as seksoortreder opgelê word. Die saak, wat deel is van Project Safe Childhood, is ondersoek deur Binnelandse Veiligheid en ander agentskappe. Meyer het op ‘n plaas in die VSA gewerk.
Suid-Afrikaanse man in VSA-hof in verband met aanklagte oor kinderpornografie