Skip to content

Suid-Afrika wil rekord vir grootste braai verbeter

# Suid-Afrika maak gereed vir die Guinness-wêreldrekord vir die grootste braai. Die titel behoort sedert 2017 aan Uruguay wat 16,5 ton vleis gebraai het. Castle Lager en Big Save gaan op Erfenisdag op 24 September gasheer wees vir die wêreld se grootste braai. Om die geleentheid af te skop, het Castle die “Grillboard” onthul. Dis ʼn advertensiebord met ʼn ingeboude, werkende braai in Vilakazi-straat in Soweto wat die nasie reeds opgewonde maak oor die Trots Suid-Afrikaanse uitdaging. Handelsmerk-direkteur Thomas Lawrence sê die wêreld se grootste braai hoort in Suid-Afrika.