Skip to content

Suid-Afrika verpletter 50 000-doelwit vir veelvuldige sklerose-bewusmaking

# Suid-Afrikaners het alle verwagtinge oortref in die wêreldwye Mei-50-duisend-uitdaging, toe hul meer as 300-duisend-rand vir veelvuldige sklerose ingesamel het. Dit is meer as die oorspronklike doelwit van 100-duisend-rand. Meer as een-duisend-600 mense het in ‘n gees van eenheid deelgeneem Die paralimpiese atleet Kat Swanepoel het die voortou geneem met ‘n 50-kilometer-swem. Dertig-persent van die fondse sal vir plaaslike veelvuldige sklerose-dienste aangewend word, en 70-persent vir wêreldwye navorsing.