# ‘n Doktorale studie in chemiese ingenieurswese aan die Universiteit van Kaapstad het bevind dat suikerafval in hernubare energie omgeskakel kan word. Die navorsing toon dat suikerryke voedselafval gebruik kan word om bio-etanol, bio-butanol en biogas deur verskillende mikrobiese prosesse te produseer. Die studie het bevind dat hierdie afvalbronne, met verbeterde prosesse doeltreffend in energie omgeskakel kan word in plaas van om op stortingsterreine te beland. Die bevindinge kan help om omgewingsbesoedeling te verminder, afvalbestuur te verbeter en Suid-Afrika se oorgang na ‘n meer volhoubare energiestelsel te ondersteun.
Studie bevind suikerafval kan in hernubare bio-energie omskakel word