Skip to content

Standard & Poor sê groei in Afrika suid van die Sahara is bestendig ondanks wêreldwye uitdagings

# ‘n Ontleding deur die finansiële inligtingsfirma S&P Global Market Intelligence toon groei in Afrika suid van die Sahara sal vanjaar na verwagting steeds 4,1-persent bereik en volgende jaar 3,8-persent. Die hoof van streeksontleding, Thea Fourie, sê baie lande in die streek is minder geraak deur prysskokke soos dié van brandstof en ander gebruiksgoedere vergeleke met Europa of die Asië-Stille Oseaan-gebied. Sy sê die streek se veerkragtigheid is te danke aan die vraag na kritieke minerale en skaars aardmetale, asook die versnelling in gebruiksgoedere-pryse die afgelope paar maande, soos koper, aluminium en litium.