# Standard Bank se eerste verslag oor townships se informele ekonomie het onthul dat byna 80-persent van township-ondernemings steeds nie geregistreer is nie. Die verslag fokus op ondernemings wat jaarliks 100-duisend tot 50-miljoen-rand maak in die ekonomiese sentrums van Gauteng, die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en die mineraalryke Noordwes. Altesaam 49-persent van die township-ondernemings word vanuit huise of motorhuise bedryf en slegs 11-persent is op handelspersele. Standard Bank sê die verslag beklemtoon die belangrikheid van marktoegang, toegang tot befondsing en digitale bemagtiging.
Standard Bank-verslag toon 80% van township-ondernemings is nie geregistreer nie