Skip to content

Standard Bank ‘n voorloper vir vrouekliënte in die bekostigbare huismark

# Standard Bank is ‘n voorloper in bekostigbare behuising, met vroue wat tans 55-persent van sy nuwe verbandkliënte is. Die hoof van Huislenings, Toni Anderson, sê die verskuiwing beklemtoon vroue se toenemende invloed in eiendomsbesit. Lenings aan vroue in 2024 het altesaam 2,67-miljard-rand beloop. Anderson sê die bank bied tot 108-persent finansiering en ondersteuningsdienste, en werk saam met die regering om toegang tot subsidies te verkry wat eerstekeer-kopers bemagtig en ‘n inklusiewe eiendomsmark bevorder.