# Die vakbond Solidariteit het ‘n vyfpunt-plan bekendgestel om die uitwerking van Amerika se invoertariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse goedere te versag. Die plan sluit in samesprekings tussen die administrasies van presidente Cyril Ramaphosa en Donald Trump, ondersteuning vir werkers en nywerhede wat geraak word en pogings om handelsbande tussen die twee lande te versterk. Jaco Kleynhans van die vakbond waarsku dat die tariewe kan lei tot werkverliese en die sluiting van sake-ondernemings, veral in die motor- en die landbousektor.
Solidariteit stel vyfpunt-plan bekend om nagevolge van Amerikaanse handelstariewe aan te pak