# Solidariteit sê meer as vierduisend werksgeleenthede is in gevaar terwyl ArcelorMittal Suid-Afrika voorberei om sy langstaal-aanlegte in Newcastle, KwaZulu-Natal, en Vereeniging in Gauteng te sluit. Die vakbond skryf dit toe aan die regering se gebrek aan optrede, met verwysing na hoë elektrisiteitskoste, swak spoorwegstelsels en onvoldoende invoerbeskerming. Hulle beloof om betrokke lede te steun deur alle wets- en arbeidsmaatreëls te gebruik om werksgeleenthede te beskerm. Willie Venter van Solidariteit waarsku die sluitings kan uitkring en afleggings in ander nywerhede veroorsaak:
Solidariteit gee regering die skuld vir beplande sluiting van staalbedryf en werkverliese [KLANK]
AFR VenterOnSteel