Skip to content

Solidariteit Beweging stel nuwe kultuurtuiste MyHartland bekend

# Die Solidariteit Beweging het ’n splinternuwe digitale kultuurtuiste bekendgestel wat Afrikaners wêreldwyd tot ’n lewende gemeenskap verbind wat kultuur, Afrikaans en betrokkenheid bevorder en ondersteun. MyHartland is gebore vanuit die droom om Afrikaners regoor die wêreld met mekaar en hulle tuisland, oftewel Hartland, te verbind, maak nie saak waar hulle hulself bevind nie.
Navorsing wat deur die Solidariteit Beweging onderneem is, het gevind dat Afrikaners in baie gevalle geïsoleerd voel wanneer hulle emigreer, en veral ’n hunkering het na hul taal, kultuur, familie en alles wat Afrikaners uniek maak.