# Solidariteit sê hy is bekommerd oor Ford Motormaatskappy in Suider-Afrika se jongste poste-besnoeiings. Die voertuigvervaardiger gaan meer as 470 werkers by sy Struandale-enjinaanleg in Gqeberha, en sy Silverton-monteeraanleg in Pretoria afdank as deel van sy herskikking om aan markaanvraag te voldoen. Solidariteit se adjunk-hoofsekretaris, Willie Venter, sê ekonomiese druk, internasionale politieke onsekerheid en die regering se ongunstige beleide veroorsaak dat die land se motorbedryf al minder mededingend raak:
Solidariteit bekommerd oor Ford Suid-Afrika se jongste afleggings [KLANK]
AFR VenterOnFordJobCuts