# Sokker: Japannese ondersteuners het die pawiljoene silwerskoon opgeruim na hul Wêreldbeker-openingswedstryd Sondag teen Nederland in Texas sê dit is “Japannese kultuur” om self skoon te maak. Toeskouers het agtergebly na die 2-2 gelykopuitslag om seker te maak hulle los die stadion soos hulle dit gevind het. Die Japannese span neem aan hul agtste agtereenvolgende Wêreldbeker dee en hul ondersteuners se netheid is ‘n internasionale kenmerk. Skoonmaaktake is van jongs af deel van Japannese onderwys en kinders skrop elke dag vloere en tafels by skole.
Sokker: ‘Dit is ons kultuur,’ sê Japannese ondersteuners nadat hulle die Wêreldbekerstadion opruim