Skip to content

SOE bekom bevel om R16-miljoen rand van direkteur se bates te bevries in TERS-bedrogsaak

# Die Spesiale Ondersoekeenheid het ‘n bevel van die Spesiale Tribunaal bekom om die bates van Nhlakanipho Mngomezulu te bevries oor die onwettige ontvangs van 16,3-miljoen-rand van die Werkloosheidsversekeringsfonds se tydelike Covid-19 hulpverleningsfonds. Die SOE se woordvoerder Selby Makgotho sê dit volg op die eenheid se ondersoek na Lubelo Hlomuka Holdings, wat handeldryf as SA Scrum Assembly en waarvan Mngomezulu die direkteur is. Makgotho sê hy en sy maatskappy het tussen 2020 en ’22 vier eiendomme gekoop met die geld, meestal in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal.