# Die Sitruskwekersvereniging sê die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf verwag om 171-miljoen-kartonne hierdie seisoen uit te voer, ‘n toename van 3,6 persent in vergelyking met verlede jaar. Uitvoerende hoof van die verenining, Boitshoko Ntshabele, sê die suurlemoen- en pomelo-uitvoere het goed begin. Ntshabele waarsku dat onsekerheid oor Amerikaanse tariewe ’n groot bedreiging vir die sektor bly, asook ondoeltreffende hawens en struikelblokke vir handel. Die bedryf voorsien dat 100-duisend werksgeleenthede teen 2032 geskep kan word indien marktoegang verbeter.
Sitrusverenining glo Suid-Afrika se uitvoere sal groei ten spyte van kommer oor tariewe