# Transnet se Haweterminale het ‘n verhoging van 16-persent aangeteken in sitrushouers wat per spoor verskeep is. Durban het sedert April 980 verkoelingseenhede ontvang wat die totaal vir die volle 2024-seisoen oortref. Sitrusuitvoere het op ‘n jaarkoers met 18-persent verbeter, met die Europese Unie en die Midde-Ooste wat die aanvraag verhoog. Transnet se Haweterminale verwag dat hulle die nasionale vooruitskatting van 106-duisend-500 houers sal bereik. Daarbenewens het nuwe toerusting op hawens werkverrigting verbeter danksy ‘n belegging van 3,4-miljard-rand.
Sitrus-spoorvolumes skiet die hoogte in terwyl Suid-Afrika ‘n uitvoer-hoogtepunt bereik