Skip to content

Sinawo Thambo van EFF vra PA se Kenny Kunene om verskoning oor lasterlike plasings

# Die nasionale woordvoerder van die EFF, Sinawo Thambo het in die openbaar vir adjunkpresident van die Patriotic Alliance, Kenny Kunene, verskoning gevra, nadat hy lasterlike bewerings op sosiale media gemaak het. Thambo het beweer dat Kunene betrokke was by ‘n betaling van 400-duisend-rand borgtog vir ‘n moordverdagte en omstrede sakeman Katiso “KT” Molefe en onreëlmatige Rea Vaya-tendertransaksies. Na ‘n regseis om binne 48-uur verskoning te vra, het Thambo die plasings verwyder en ‘n verskoning op X geplaas, en erken dat sy opmerkings skadelik en ongegrond was.