# Scarlett Johansson gaan voor en agter die kamera skitter op vanjaar se Cannes-rolprentfees. Die organiseerders het die rolprente bekend gemaak wat aan die Franse Riviera gaan meeding om pryse. Johansson speel saam met Benicio Del Toro en Tom Hanks in Wes Anderson se nuwe fliek, The Phoenician Scheme, wat ingeskryf is vir die gesogte Palme d’Or vir beste rolprent. Sy sal ook haar regisseursbuiging maak in Eleanor the Great. Dit handel oor ‘n ouer vrou wat die dood van haar beste vriendin probeer verwerk.
Scarlett Johansson gaan voor en agter die kamera skitter op Cannes-rolprentfees