# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank en die Bank vir Internasionale Betalings het die 2025 G20 TechSprint-inisiatief in Johannesburg van stapel gestuur. Die kompetisie nooi wêreldwye innoveerders uit om digitale oplossings te ontwikkel wat vertroue en integriteit in die finansiële stelsel kan versterk, met die fokus op digitale identiteit en di deel van oorgrens-kredietdata. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, het die belangrikheid van veilige digitale identiteite en naatlose data-uitruiling beklemtoon om bedrog te verminder en finansiële insluiting te verbeter. Wenners sal in November aangekondig word, met ’n eerste prys van 548-duisend-rand.
SARB en Bank vir Internasionale Betalings stuur 2025 G20 TechSprint-inisiatief in Johannesburg van stapel