# SANParke toets ‘n nuwe digitale intekenvorm vir dagbesoekers wat die Krugerwildtuin deur die Krokodilbrug-hek in Mpumalanga binnegaan. Die proeflopie het hierdie week begin. Besoekers word aangemoedig om ’n QR-kode op SANParke se webwerf of sosiale media-bladsye te skandeer om die vorm te voltooi voor of wanneer hulle aankom. Woordvoerder JP Louw sê die stelsel kan uiteindelik by meer hekke ingestel word as die proeflopie suksesvol is.
SANParke toets digitale intekenvorms by die Krokodilbrug-hek in die Krugerwildtuin