# SANParke het 42 olifante suksesvol vanaf die Addo Olifant Nasionale Park se hoofkamp na die Kabouga-gedeelte hervestig. Die stap is daarop gemik om eertydse olifant-deurgange en ekologiese balans te herstel. Die operasie is gelei deur kundige bewaringspanne, met die ondersteuning van die Global Humane Society. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê die olifante sal noukeurig dopgehou word terwyl hulle gewoond raak aan hul nuwe tuiste. Hy sê dit sal ook bydra tot langtermyn bioverskeidenheid en die herstel van ekosisteme in die Oos-Kaap.
SANParke hervestig 42 olifante om habitat in Addo Nasionale Park uit te brei