# Die munisipale vakbond, Samwu sê die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging in Gauteng probeer munisipale werkers intimideer voor môre se betogings. Die vakbond beweer ‘n omsendbrief wat werkers ontmoedig om aan die betogings deel te neem, is nie deur SALGA se nasionale kantoor goedgekeur nie. Dumisane Magagula van Samwu sê die optog in Tshwane sal soos beplan voortgaan, met werkers wat betoog teen besparingsmaatreëls en die Nasionale Tesourie se inmenging in plaaslike regering.
Samwu beskuldig SALGA van intimidasie in aanloop tot môre se werkersoptrede