# Sakeliga sê hy gaan die Internasionale Lugdienste-raad se onwettige instelling van vereistes van swart ekonomiese bemagtiging vir internasionale lugdienslisensies in die hof teenstaan. Dit volg op ‘n vorige oorwinning oor soortgelyke vereistes vir plaaslike lugdiensverskaffers. Sakeliga se uitvoerende hoof, Piet le Roux, sê as reguleerder vir internasionale lugdienste hou die IASC se eise ernstige gevolge in. Hy sê dis nie net onwettig nie, maar ook onprakties en absurd om groot internasionale lugdienste onderhewig te maak aan sertifisering vir swart ekonomiese bemagtiging of transformasie-verbintenisse.
Sakeliga doen regstappe om swart bemagtiging in internasionale lugrederye om te keer