Skip to content

SAID stel teenstortingsheffings in op ingevoerde bolaai-wasmasjiene

# Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het voorlopige teen-stortingsheffings op bo-laai wasmasjiene ingestel na ‘n klagte van Defy Appliances. Die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie het bevind daar is aansienlike storting op markte in die Suider-Afrikaanse Doeane-unie. Heffings wissel van agt-persent tot 13-persent op Chinese invoere en tot 67,1-persent op eenhede uit Thailand. Die Inkomstediens sê die maatreëls is gemik op die beskerming van die plaaslike bedryf terwyl ‘n volledige ondersoek voortduur.