Skip to content

Safari lodge goeie voorbeeld van ‘n grondeis wat werk

# Die Mdluli Safari Lodge, op die grens van die Krugerwildtuin langs die Numbi-hek, is ‘n werkende voorbeeld van ‘n grondeis wat in ‘n suksesvolle gemeenskapstoerisme-inisiatief omskep is. Die direkteur van die lodge, Chris Schalkwyk, sê die visie was die breinkind van hoofman MZ Mdluli. As gevolg van omgewingsgoedkeurings en kapitaalverkryging het dit vier jaar geneem om die grond terug te kry en nog 27 jaar voor die lodge gebou kon word. Die lodge bied tans permanente werk aan 130 mense.