Skip to content

SA Suikerrietkwekers verwelkom sakereddingsooreenkoms wat Tongaat Hulett se toekoms verseker

# Die SA Suikerrietkewekers het ‘n ooreenkoms tussen die Nywerheidsontwikkelingskorporasie en die Vision-konsortium verwelkom om die sakeredding van Tongaat Hulett te befonds. Die ooreenkoms bied korttermynfinansiering en trek die likwidasie-aansoek terug, wat die maatskappy toelaat om voort te gaan met bedrywighede terwyl ‘n reddingsplan geïmplementeer word. Die voorsitter van die organisasie, Higgins Mdluli, sê Tongaat Hulett bly ‘n sleutelspeler in die sektor, wat duisende produsente ondersteun en tot plattelandse ekonomieë bydra.