Skip to content

SA Suikerrietkwekers sê vir elke ton wat ingevoer word, verloor die suikerbedryf meer as sewe-duisend-500-rand

# Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging het kommer uitgespreek oor die hoë vlakke van ingevoerde suiker uit lande soos Brasilië, Indië en Thailand. Die vereniging sê vir elke ton wat ingevoer word, verloor die suikerbedryf meer as sewe-duisend-500-rand. In Maart het 16-duisend ton ingevoerde suiker Suid-Afrika binnegekom, dubbel dié van Maart verlede jaar. Die voorsitter van die Suikerrietkwekers, Higgins Mdluli, sê die huidige suikertariefmeganisme is verouderd en beskerm nie die plaaslike bedryf teen gesubsidieerde globale mededingers nie.