# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê ‘n span Suid-Afrikaanse dieregesondheidkundiges sal Brasilië later die maand besoek vir kennisuitruiling oor bek-en-klouseer, naspeuring en toesigmetodes. Hy sê hierdie vennootskap kan die weg baan vir ‘n voorgestelde Brasilië-Suid-Afrika Biosekuriteitskorridor, wat biosekuriteit as handelsversperring in ‘n brug vir ekonomiese groei sal omskep. Steenhuisen sê Suid-Afrika se strategie is nou gerig op die oorskakeling van ‘n reaktiewe toestand na ‘n vennootskapsgedrewe model wat wetenskaplike resultate en betroubare voorsieningskettings eerste stel.
SA stuur dieregesondheidkundiges na Brasilië om kennis oor bek-en-klouseer uit te ruil