Skip to content

SA stel wêreld se eerste Hoftolk-togaprogram bekend

# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het gister die Hoftolk-togaprogram by die Kgosi Mampuru Korrektiewe Sentrum in Pretoria bekendgestel. Tolke sal nou in die hof amptelike togas dra, wat ‘n geskiedkundige mylpaal aandui. Kubayi het die projek as die eerste van sy soort wêreldwyd beskryf, wat die rol van tolke sal formaliseer met amptelike togas, ‘n swart-en-wit kleredragkode asook as ‘n Etiese Kode. Die program is daarop gemik om tolke se kritieke rol te bevestig en om integriteit, professionaliteit en etiese gedrag in die Suid-Afrikaanse regstelsel te bevorder.