# Suid-Afrika het ʼn lening van net meer as 10,4-miljard-rand van Duitsland se KfW Ontwikkelingsbank ontvang om die land se oorgang na ʼn laekoolstof-ekonomie te ondersteun. Die ooreenkoms bou voort op twee ander lenings in 2022 en 2023 en is deel van Duitsland se verbintenis by die COP26-klimaatsveranderingberaad om te help om Suid-Afrika se afhanklikheid van fossielbrandstof te verminder. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê die lening sal die land se kort- en langtermyn-energiesekerheidmaatreëls versterk en steenkoolgebruik verminder.
SA kry ’n lening van R10,4-miljard van Duitsland vir billike energieoordrag