# Die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe se Omgewingsinstituut oorweeg regstappe teen die Nasionale Kernreguleerder se besluit om ‘n lisensieverlenging van 20-jaar toe te staan aan die Koeberg-kernkragstasie in Kaapstad se eenheid twee. Francesca de Gasparis van die omgewingsgroep waarsku dat die goedkeuring kritieke veiligheidsgapings oor die hoof sien, insluitend verouderde inperkingstoetse, nie-funksionele moniteringstelsels en die afwesigheid van getoetste noodplanne vir nabygeleë gemeenskappe. De Gasparis beloof om alle regsmoontlikhede te volg om die reguleerder aanspreeklik te hou:
SA Geloofsgemeenskappe belowe regstappe teen Koeberg se kernlisensie-verlenging [KLANK]
ENG FrancescaOnLegalAction